top of page

Ons is die Verskil

gewasvoeding.png
gewasbeskerming.png
vee voeding.png
bioremediering.png
brandstof.png
verpakking.png
versekering.png
internasionaal.png
vskzn.png

Gewasvoeding

MAP Bin 1.jpg

VS Kunsmis bied unieke vloeibare- en korrel kunsmis mengsels volgens jou plaas se behoeftes. Ons aanleg is in Vrede geleë en ons het 'n uitgebreide logistieke netwerk wat aflewering regoor Suid-Afrika moontlik maak.

Pro Gas Solutions verkry en dien ammoniak - die mees effektiewe stikstofbron, direk aan die grond toe. Ons is verbind tot veilige en betroubare toerusting, wat ons aanpas by elke boer se praktiese behoeftes. Ons doelwit is uitstekende diens voor, tydens en na toediening, wat ondersteun word deur die beste tegniese span in Afrika, indien nie die wêreld nie.

Pro Gas Image Web.jpg
DSC_0047.JPG

NutriBio vervaardig en verskaf kwaliteit organiese en semi-organiese kunsmis, wateroplosbare kunsmis, blaarvoedings, humien- en fulviensure. Al ons organiese mengsels en grondstowwe is Ecocert-gesertifiseer, en hierdie mengsels kan aangepas word met betrekking tot stikstof-, fosfaat-, kalium-, magnesium-, swael- en kalsiuminhoud.

VS Kalk Logo Png.png

VS Kalk spesialiseer in die verskaffing van landboukalk en -gips om die voedingstofbalanse in jou grond te verbeter – dit is belangrik vir goeie grondstruktuur en grondbiologie. Ons het toegang tot alle beskikbare bronne van kalk en gips, om presies te voorsien wat jou grond benodig volgens jou grondontledings. 

lime.jpg
Crop Nutrition

Gewasbeskerming

Crop Protection
tractor-spraying-pesticides-with-sprayer-large-green-agricultural-field.jpg
VS Chemie Logo Png.png

VS Chemie bied kwaliteit chemiese en biologiese gewasbeskermings-produkte teen mededingende pryse. Die wye verskeidenheid produkte word ondersteun deur ons tegniese kundigheid om die beste uitkoms vir u gewass te verseker.

Vee Voeding

Animal Nutrition
Saamstaan Logo Png.png

Saamstaan Voere spesialiseer in topgehalte veevoer produkte vir die dinamiese veeboer. Ons bied u die gerief van voorafgemengde voer en die voordeel om u individuele mengsels te skep volgens u behoeftes en spesifikasies. Ons bied die bykomende voordeel dat u as produsent u eie graan by u spesifieke mengsel kan voeg. Hierdie wedersyds voordelige verhouding verseker dat u vee die vrugte daarvan pluk.

funny-curious-cow-looking-camera-while-other-cows-eating-hay-background-cattle-farm.jpg

Bio-Remediëring

Bioremediation
1533071345493.jpg
BluePlanet Logo Png.png

BluePlanet SA bied unieke bio-remediëringsformulerings wat spesifiek ontwerp is om die natuurlike en biologiese proses van organiese afval te verminder. Ons produkte bevat slegs natuurlike bakterieë wat ekonomies en volhoubaar saam met die natuur werk. Ons ontwikkel en implementeer behandelingsplanne gebaseer op jou individuele behoeftes.

Bionomics Logo Png.png

Bionomics SA is 'n biotegnologie oplossings- en konsultasie maatskappy wat spesialiseer in die ontwikkeling en vervaardiging van oplossings vir die herwinningsproses van voedingstowwe en afval vir toepassings in landbou, akwakultuur, afvalwater en omgewingsremediëring.

Wastewater-Plant-header-1-pukjrlpcddsh17l804tvsoj8gklyhp2f0bp7c69oxs.jpg

Brandstof & Onderdele

Fuels & Parts
pouring-oil-car.jpg
VS Fuels Logo Png.png

VS Fuels bied topgehalte 50 dpm diesel teen mededingende pryse. Ons bied aanpasbare vraggroottes wat wissel van 2 000 liter tot 40 000 liter.

VS Handel Logo Png.png

By VS Handel is ons trots op uitstekende kliëntediens en 'n wye verskeidenheid hardeware, gereedskap, smeermiddels en ander landbou-oplossings wat die boer se besigheid ononderbroke aan die gang hou.

spare-parts-car.jpg
axion800hrc_stage_2020.jpg
Vrede Agri Logo.png

Vrede Agri verskaf kwaliteit landboutoerusting en -masjinerie, van trekkers en stropers tot balers en voermasjiene.

Verpakking

Packaging
SP Packaging Logo Png.png

SP Packaging is 'n verskaffer en invoerder van verskeie industriële verpakkings, spesifiek polipropileensakke. Ons reeks sluit in, polipropileen geweefde stowwe, sakke en veelkleurige gedrukte BOPP (biaksiaal-georiënteerde polipropileen) gelamineerde sakke.

WhatsApp Image 2022-10-12 at 10.43.34.jpeg

Versekering

Insurance
young-agronomist-inspects-quality-corn-crop-agricultural-land-farmer-corn-field-hot-sunny-
attooh! agri LOGO-01.png

Attooh Agri staan jou by met al jou versekeringsbehoeftes, insluitend oesversekering, korttermynversekering, lewensversekering, mediese versekering en beleggings.

Internasionaal

International
CA Agri Logo Png.png

CA Agri is 'n Kongolese maatskappy, gebore uit die vennootskap tussen GTC en die VS Agri Groep wat landbou-insette produseer en versprei in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit sluit in: chemiese bemestingstowwe, organiese bemestingstowwe en fitosanitêre produkte.

thai-agriculturist-planting-green-tobacco-field (1).jpg

VS Agri KZN

VS Agri KZN
corn-field-sunset.jpg
VS Agri KZN Logo Png.png

VS Agri KZN vorm deel van die VS Agri-Groep en is geleë in Winterton, in KwaZulu Natal. VS Agri KZN spesialiseer in die verskaffing van korrel kunsmis en landbou chemikalieë.

bottom of page