top of page

Ons Storie

About

Die VS Agri groep maatskappye is 'n groep landbouinsetverskaffers met 'n passie vir landbou, oorvloed kennis en jarelange ervaring in allerlei boerdery, wat hulle toelaat om ‘n betroubare deel van u onderneming te wees.

 

In hulle hartklop, is die begeerte om voorspoed op elke plaas te sien en welvaart in die landbou te fassiliteer.

​

Dit het alles in 2014 begin met twee maatskappye en agt individue wat die geleentheid raakgesien het en kragte saamgesnoer het om die VS Agri Groep te stig. Die Groep is een van die vinnigste groeiende landbou-entiteite in Suid-Afrika en bestaan ​​tans uit vyftien maatskappye.

 

Ons slagspreuk, "Ons is die verskil", beklemtoon die passie wat ons het om 'n verskil te maak in jou onderneming en om 'n produk en diens te lewer wat in alle aspekte uniek en eksklusief is.

Druk op die skakel om ons Maatskappy Profiel af te laai.

Plant VS2.jpg
bottom of page