top of page
sunrise-corn-field (1).jpg

Gewasvoeding

VS Kunsmis
Stikstofprodukte (N)

Fosfaatprodukte (P)

Kaliumprodukte (K)

Pasgemaakte Korrel- en
Vloeibaar Mengsels

Polisulfaat
(4-in-1 Kunsmis)

VS Kunsmis vermeng pasgemaakte korrel- en vloeibare kunsmismengsels om aan die spesifieke behoeftes van jou plaas te voldoen. Met aanlegte geleë in Vrede en Winterton, verseker ons moderne kunsmisaanlegte produkte van die hoogste gehalte.

​

Met 'n goed gevestigde logistieke netwerk, is ons toegerus om ons kunsmis doeltreffend na enige plek regoor Suid-Afrika te lewer.

​

Of 'n kliënt gespesialiseerde mengsels of standaardformulerings benodig, VS Kunsmis is daartoe verbind om oplossings te bied wat grondgesondheid en oesopbrengs verbeter, sodat jou boerdery floreer.

Bags
Pro Gas
Kan 5 - 6 maande voor plant toegedien word

Loging is minimaal - NH4+ word geadsorbeer

Voorplantbemesting sowel as topbemesting

Minder arbeidsintensief en differensiële toediening moontlik

Pro Gas Solutions spesialiseer in die verskaffing en toepassing van Ammoniakgas (NH₃) as 'n stikstofbron vir die landbousektor. Ammoniak is 'n uitstekende stikstofbron met 'n stikstofkonsentrasie van 82%.

​

By Pro Gas Solutions verskaf ons gespesialiseerde tenks vir berging op plase, sowel as kleiner tenks wat op die implement wat die toedeining doen, geïnstalleer word.

​

Ons tegniese spanne is deur die hele toedieningsproses betrokke en help met die implementering, kalibrasie, veiligheids-opleiding en monitering daarvan.

Pro Gas Tanker
NutriBio
Organiese Kunsmis

Semi-Organiese Kunsmis

Bio-Stimulante

Wateroplosbare Mengsels

Foli-Reeks

NutriBio vervaardig en verskaf kwaliteit organiese en semi-organiese bemesting-stowwe, bio-stimulante en wateroplosbare mengsels vir blaar- en bemestingtoediening.

 

Ons bied gepelletiseerde of vermengde gekomposteerde hoendermisprodukte. Produkte kan met chemiese kunsmis verryk word en voorskrifmengsels is beskikbaar vir spesifieke gewasvereistes of aanbevelings.

 

Hoë kwaliteit wateroplosbare Blaarvoeding en Bemestingsprodukte, spesifiek ontwikkel vir sekere groeistadia om kwaliteit te verbeter en opbrengste te verhoog.

Organic Fertilizer
VS Kalk
Kalsitiese Kalk

Dolomitiese Kalk

Gips

Dolotop (80/20) &
Calsitop (80/20)


Pro Gyp Dolotop &
Pro Gyp Calsitop

VS Kalk is 'n betroubare verskaffer en verspreider van 'n wye reeks landboukalk en gips, verkry vanaf verskeie betroubare mynmaatskappye regoor Suid-Afrika.

​

Die kalkprodukte wat ons verskaf is spesifiek ontwerp om grondsuurheid te neutraliseer, terwyl die gips grondstruktuur en die beskikbaarheid van voedingstowwe verbeter. Hierdie kombinasie speel 'n deurslag-gewende rol in die handhawing van gebalanseerde grond pH-vlakke, wat produktiwiteit oor 'n verskeidenheid gewasse en boerderystelsels bevorder. â€‹Ons diens beide grootskaalse kommersiële plase en kleiner boerderybedrywighede,

Lime Spreader
VS Agri KZN
Korrel Kunsmis

Ammoniak (NH3)

Landbouchemikalieë

Trekker Onderdele

Olie en Batterye

VS Agri KZN is 'n afdeling van die VS Agri Groep, gebaseer in Winterton, KwaZulu Natal. VS Agri KZN fokus op die vermenging van korrelkunsmis en verskaffing van hoë gehalte landbouchemikalieë om die behoeftes van die boerderygemeenskap te ondersteun.

 

As deel van die VS Agri Groep, benut hulle industriekennis en innovasie om aan die ontwikkelende vereistes van moderne landbou te voldoen, wat boere help om beter opbrengste en volhoubare praktyke te bereik.

​

VS Agri KZN het ook 'n onderdele-afdeling wat spesialiseer in die verskaffing van hoë kwaliteit onderdele en komponente, insluitend filters, olies en batterye wat nodig is om trekker- en masjinerieprestasie te onderhou en te optimaliseer.

Parts
bottom of page