Welkom

Ons passie vir landbou en oorvloed van kennis en ervaring laat ons toe om 'n betroubare deel van u onderneming te wees. In ons kern is die begeerte om enige plaas se voorspoed te verbeter. Dus is ons besigheid gebou rondom vier kernpilare:

Eerbare kliënteverhoudings:

Ons glo in die noodsaaklikheid van langtermyn-kliënteverhoudings, gebaseer op vertroue en respek.

Kennis:

Die gekombineerde kennis en ervaring van ons agronomiste en tegniese span verseker dat u toegang het tot hoë kwaliteit en goed geprysde oplossings.

Aanpasbaarheid:

Ons kan produkte volgens u plaas se unieke behoeftes en spesifikasies formuleer en aanpas

Produkte en dienste:

Ons wye verskeidenheid van topgehalte produkte kan alomvattend voldoen aan die behoeftes van u plaas. Van plant en dierevoeding, plantbeskerming, grondkorreksie, waterbehandeling, tot die brandstof en onderdele wat nodig is om u masjinerie te laat loop. Ons produkte en dienste word ondersteun deur uitstekende logistiek.

Ons omvattende benadering kombineer die produkte, dienste en kennis van ons groep maatskappye.

Gewasvoeding & Beskerming

Deur al die produkte wat ons gewasvoedingsmaatskappye aanbied te kombineer, kan ons volledige kunsmis oplossings lewer:

Grondkorreksies

Kunsmisprogramme

Bio-kunsmis

Blaarprogramme

Bio-remediëring

BluePlanet bied unieke bio-remediëring formulerings wat spesifiek ontwerp is om die natuurlike en biologiese proses van organiese afval te verlaag. Ons produkte bevat slegs natuurlike bakterieë wat ekonomies en volhoubaar saam met die natuur werk. Ons ontwikkel en implementeer behandelings planne in baie verskillende toepasings, gebaseer op u individuele behoeftes.

Dierevoeding

Saamstaan Voere spesialiseer in topgehalte dierevoerprodukte vir die dinamiese veeboerder. Ons bied u die gerief van voorafgemengde voer en die voordeel om u individuele mengsels te skep volgens u behoeftes en spesifikasies. Ons bied die bykomende voordeel dat u as produsent u eie graan by u spesifieke mengsel kan voeg. Hierdie wedersyds voordelige verhouding verseker dat u vee die vrugte daarvan pluk.

Danksy ons betroubare onderdele- en brandstofverskaffers, het ons buigsame vraggroottes en 'n wye verskeidenheid onderdele wat aan u behoeftes voldoen.

Brandstof Onderdele

 

Gewasvoeding & Beskerming

Deur al die produkte wat ons gewasvoedingsmaatskappye aanbied te kombineer, kan ons volledige kunsmis oplossings lewer. Grondkorreksies volgens grondontleding. Kunsmisprogramme volgens grond- en plantbehoeftes. Bio-kunsmis en bio-stimulante om grond gesondheid te verbeter. Blaarprogramme vir spesifieke tekortkominge.

 

Pro Gas Solutions verkry en pas ammoniak - die mees effektiewe stikstofbron, direk aan die grond toe. Ons is verbind tot veilige en betroubare toerusting, aangepas by elke boer se praktiese behoeftes. Ons doelwit is uitstekende diens voor, tydens en na aansoek - implementering. Die bogenoemde word ondersteun deur die beste tegniese span in Afrika, indien nie die wêreld nie.

 

VS Kunsmis bied unieke vloeibare en korrelvormige versnitte volgens u plaas se behoeftes. Ons lewer ook spesialiteitsprodukte soos half-organiese kunsmis, wateroplosbare produkte, blaarvoere, humiese en fulviese sure.

 

VS Chemie bied kwaliteit chemiese en biologiese gewasbeskermingsprodukte teen mededingende pryse. Die wye verskeidenheid produkte word ondersteun deur ons tegniese kundigheid om die beste uitkoms vir u gewasse te verseker.

 

BluePlanet verskaf bio-kunsmisprodukte wat 'n wye verskeidenheid van plantgroeibevorderende bakterieë lewer. Die bakterieë verbeter grondvrugbaarheid, herstel grondgesondheid en stimuleer plantegroei. BluePlanet poog om opbrengste volhoubaar te verhoog terwyl 'n skoner en gesonder natuurlike omgewing bevorder word.

 

VS Kalk voorsien landboukalk en gips om die nutriëntbalans in die grond te verbeter – wat belangrik is vir goeie grondstruktuur en grondbiologie. Ons het toegang tot alle beskikbare bronne van kalk en gipsbronne om presies te bepaal wat u grond benodig volgens 'n grondontleding. Die produkte word ondersteun deur uitstekende logistiek.

 

Dierevoeding

Saamstaan Voere spesialiseer in topgehalte dierevoerprodukte vir die dinamiese veeboerder. Ons bied u die gerief van voorafgemengde voer en die voordeel om u individuele mengsels te skep volgens u behoeftes en spesifikasies. Ons bied die bykomende voordeel dat u as produsent u eie graan by u spesifieke mengsel kan voeg. Hierdie wedersyds voordelige verhouding verseker dat u vee die vrugte daarvan pluk.

 

Bio-remediëring

BluePlanet bied unieke bio-remediëring formulerings wat spesifiek ontwerp is om die natuurlike en biologiese proses van organiese afval te verlaag. Ons produkte bevat slegs natuurlike bakterieë wat ekonomies en volhoubaar saam met die natuur werk. Ons ontwikkel en implementeer behandelings planne in baie verskillende toepasings, gebaseer op u individuele behoeftes.

 

Brandstof & Onderdele

VS Fuels bied topgehalte produkte teen mededingende pryse. Ons bied aanpasbare brandstofvraggroottes wat wissel van 2 000L tot 39 000L, beskikbaar in beide 50ppm en 500ppm.

 

VS Onderdele bied 'n wye verskeidenheid van produkte, insluitend gemeganiseerde onderdele. Ons het ‘n wye produk keuse en langer werksure om te verseker dat u besigheid glad verloop.